HAMBURGER PATTIES MET BOELLIE BEEF
My interpretasie van ‘n Hamburger Pattie vanaand.
250 g bees maalvleis
250 g “Corned Meat”
3 eetlepels hawermout (Oats)
Sout, peper en ander speserye na smaak
Meng goed en druk so twee keer deur die vleismeul. Maak jou pattie soos jy dit verkies, myne was lekker groot vir broodburgers.
Gebruik bietjie meel op die oppervlak om te keer dat die spulletjie aan alles vasklou.
Bak in olie en sit op jou burger.
Die kinders het dit sommer baie geniet.
Resep en foto: Dawid Conradie








