SOET SUUR WORTELS (OF KOMBINASIE VAN GROENTE)
Ek het hierdie soet-suur wortels die naweek gemaak met wortels vars uit my groentetuin. Dit is ‘n heerlike resep – nie so erg suur soos wat piekels gewoonlik is nie. Dis soos daardie Duitse groot ronde bottels wortels en ertjies wat te koop is.
Wortels, in ringetjies of lang stukke. Lig gaar gestoom of gekook en baie goed gedreineer. (Kan ook ander groente gebruik)
2 koppies wit asyn
1 koppie wit suiker – roer by asyn tot opgelos
7 kruie naeltjies
2 – 3 ster anys
1 eetlepel peper korrels
5 lourierblare
Kook 5 minute lank saam, sit plaat af en laat vir so 15 minute lank staan vir die kruie geure om te ontwikkel. Gooi deur sif en sit bietjie van alles onder in jou gesteriliseerde bottels (ek doen dit nie). Bring jou asyn mengsel weer tot kookpunt,
Vul die bottels met die gaar warm groente, Gooi die kokende asyn mengsel oor groente, kry lugblasies uit met ‘n sosatiestokkie en verseel. Los vir 3 weke vir geure om te ontwikkel voor dit geeet word. Los in yskas na oopgemaak.
Ek het ook Soet uie-chilli sous gemaak – dit is nie regtig ‘n resep nie – ek het net ‘n peppadew jam wat ek vantevore ‘n taai flop van gemaak het ‘gesmelt’ in ‘n klomp asyn en dit saam met gekapte uie gekook tot dit verdik het en toe met ‘n stick blender fyner gemaak.
Resep en foto: Petro Borchard









geskuif