

GEROLDE SKAAPRIB OP KOLE
1 ontbeende Skaaprib
Spek
Kaas
Sout en peper
Plaas die kaas en spek op die rib. Rol op en bind vas.
Sout en peper na smaak buite om. Draai toe in foelie.
Braai oor kole of plak foelie binne en buite in n groterige kartondoos en plaas bo-oor rib sodat dit as oond dien.
Braai ongeveer 2 ure.
Sny in skywe en bedien.
Resep: Petro Calitz






