BONKIGE FUDGE-BLOKKIES
Lewer sowat 24 blokkies
125 ml (½ k) ingedampte melk
180 ml (¾ k) suiker
30 ml (2 e) botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) sjokolade, gekap
500 ml (2 k) graanvlokkies
250 ml (1 k) klapper
125 ml (½ k) gekapte okkerneute
Smeer ’n bakplaat van 30 x 11 cm
Meng die ingedampte melk, suiker en botter in ’n kastrolletjie. Roer, bring tot kookpunt en laat sowat 2 minute kook.
Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel en sjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt het.
Voeg die graanvlokkies, klapper en neute by en meng deur.
Druk op die voorbereide bakplaat vas en verkoel tot stewig. Sny in blokkies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Madelein Brinklow
Nota: Ek het net hoeveelhede in bestandele n bietjie verander! Maar sjoe ek het lanklaas so lets yummy geeet!








