AARTAPPEL EN EIER SLAAI
My eie resep, heerlik saam met ‘n braai.
6 groot aartappels, geskil en gekook
1 groot ui, fyngekerf
3 groot eiers, gekook en afgedop
½ koppie mayonaise, kan vermeerder of verminder word na smaak
2 takkies vars pietersielie, fyngekerf
¼ teelepel paprika
¼ teelepel gemaalde swartpeper
sout na smaak
Sny die aartappel in 2 cm x 2 cm blokkies. Meng die gekerfde ui en pietersielie in. Sny die eier in skywe en meng ook in. Meng nou die paprika, swartpeper en sout in die mayonnaise in, en gooi dit eweredig oor die aartappels. Meng goed, en maak toe met “gladwrap” en sit in die yskas tot opdiening. Beste as dit ‘n dag voor die tyd gemaak word. Maar dit kan ook as ‘n warm aartappelslaai bedien word.
Resep: Dewet En Tania Botha








