BOELIEBIEF MET KOOL EN BROCCOLI OP PASTA
1 ui
Halwe groen soetrissie
1 pk x 250 g sampioene (opsioneel)
Teelepel paprika
Gesnipperde kool ,so n kwart van ‘n heel koolkop
Blikkie boeliebief
1 pk knorr bacon & cheese souspoeier
Koppie melk
Smoor ui , soetrissie in bietjie kookolie. voeg paprika by.
Roer gesnipperde kool by en roerbraai vir paar minute tot sag.
voeg gesnyde sampioene by
voeg boeliebief en gemengde kruie by.
maak pakkie souspoeier met lou melk aan .gooi oor en laat deurkook. geen ekstra sout nodig. ek gooi bietjie suurlemoenpeper (Ina Paarman) by.
En dis dit!
En gebruik verder jou verbeelding om dit op te kikker!!
Pam Smal se resep en foto








