

BASIESE PASTADEEG
Maak jou eie pasta!!
4 – 6 Porsies
2 koppies koekmeel
2 geklitste eiers
1 teelepel sout
¼ koppie water
In ‘n medium bak, meng die meel en die sout. Maak ‘n holte in die middel, voeg die geklitste eier by en meng. Die mengsel moet ‘n stywe deeg vorm. Voeg water by soos benodig.
Op ‘n meelbestrooide oppervlak, knie die deeg vir 3 tot 4 minute.
Met ‘n pasta masjien, of met ‘n koekroller, maak jou eie pasta soos jy dit wil he…lasagne velle, ravioli, tagliatelle ens.






