Hierdie is eintlik my piesangbrood resep wat ek so verander het.. geniet dit
2 groot piesangs fyngedruk
½ ryp avokado fyngedruk
1 appel geskil en grof gesny
100 ml avokado olie/ olyfolie
¼ teelepel sout
2 eiers
1 teelepel vanilla geursel
2 koppies koekmeel
¼ koppies semels
1½ teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
½ koppie melk
1 koppie bruinsuiker
BOLAAG
¼ koppie gekapte neute
¼ koppie fyn klapper
¼ koppie bruinsuiker
1 teelepel kaneel
Meng fyn piesang, avo, suiker en olie goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam, voeg semels by en meng goed. voeg by piesang mengsel. Klits eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng vanilla en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Gooi in brood pannetjie, maak gelyk bo-op en druk die appelstukke in die deeg in, skep die helfte van die bo-laag oor die hele broodjie en meng met die agerkant van ‘n hou lepel in “s” beweging so bietjie in die deeg in, maak seker die appels by onder die deeg. Gooi res van die bo-laag oor en druk lekker vas maar nie heeltemal in die deeg in nie.
Bak by 180 ºC tot bruin en gaar ongeveer ‘n uur en 15 min. Na die eerste half uur kan jy foil oor die broodjie sit dat hy nie te vining bruin word nie.
Toets met toothpick, indien skoon uitkom, is broodjie gereed.
Gooi versigtig uit van die bo-laag sal afval maar nie alles nie.
Laat die broodjie goed afkoel voor jy sny, hy is heerlik klam en bros en sal breek as jy hom warm prober sny.
Baie baie lekker
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans








