

SKAAPRIB TROOSKOS
Dit lyk nou bietjie vaal, maar dit is een van ons geliefde winter trooskos, het nie ‘n resep nie maar dit is baie eenvoudig sal maar beduie.
Sakkie suikerboontjies geweek vir paar ure,
vet skaapribbetjie gesny.
2 uie gesny
sout en peper en
aartappels in stukke gesny.
Sit alles in stoompot vir so driekwart uur, bedien met rys.
Bron foto en geplaas deur: Martie Fourie Moolman






