PYNAPPELKERRIE SLAAI
2 groot pynappels geskil en in blokkies gesny
2 groot uie gekap
5 ml sout
50 ml matige kerriepoeier
125 ml witasyn
5 ml mosterdpoeier
10 ml mielieblom
Meng al die bestanddele behalwe mielieblom en groot kastrol. Verhit oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Stel plaat warmer en laat mengsel kook. Stel hitte weer laer en prut vir 30 minute. Voeg bietjie water by mielieblom en meng tot pasta. Roer by pynappel en kook vir nog 2 minute tot mengsel verdik. Gooi in warm gesteriliseerde bottels. Ek verdubbel gewoonlik die resep dan is dit eenkeer se moeite. Flesse was ek mooi skoon met seepwater en spoel dan goed uit met kookwater, net voordat ek die pynappel in gooi. Proe ook maar voor die tyd of die kerrie sterk genoeg is.
Lekker eet saam met braaivleis of koue vleise in die somer.
Resep: Bessie Leeuwner Du Preez
Foto: Allison Kemp en Petro Borchard
Rina, jou kerrie pynappelslaai is heerlik . Ek het 4 x groot pynappels gebruik en so koppie sultanas bygevoeg!
Foto: Marda Pienaar










