

PYNAPPEL KOEK
2 eiers
200 g (250 ml) strooisuiker
300 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knypie sout
100 ml lemoensap
50 ml kookolie
Bolaag:
1 blik pynappelstukke, gedreineer
50 g botter
100 ml strooisuiker
1 eier
200 ml klapper
10 ml vanilla essens
Stel oond op 200°C. Smeer ‘n 20 cm springform koek pan en voer met bakpapier uit.
Klits die eiers, suiker lemoensap en kookolie saam.
Sif die droë bestanddele en klop in. Skep in koekpan en bak vir 25 minute
Sny die pynappelstukke kleiner en skep oor koek wanneer uit die oond kom.
Meng die botter, suiker, eier, klapper en geursel in ‘n kastrolletjie.
Roer aanhoudend en verhit stadig. Laat mengsel prut maar nie kook nie.
Smeer oor pynappel en bak verder tot begin verkleur. Laat afkoel en sit op ‘n opdienbord.
Foto: Hettie Bezuidenhout






