MARTIE SE YSKAS LEEGMAAK TERT
Adam se yskas leeg maak tert. ( Herwin vir hergebruik)! AANGEPAS DEUR MARTIE
2 witbrood korsies geweek in 1 k melk
0orskiet groente (spinasie, wortels, butternut , ertjies en bietjie mash)
3 eiers geklits
6 repe streepspek in stukkies gesny
halwe prei in ringetjies
s&p bietjie rooipeper en gekapte pietersielie
1 k gerasperde kaas (was drie verskillende stukkies oorskiet kaas)
Die prei en spek bietjie gebraai en alles saam gemeng en in ‘n gemeerde bak gesit en by 180 gebak vir halfuur.
Geplaas en foto deur: Martie Fourie Moolman








