MAKLIKE PASTEIDEEG MET KOOKWATER
Ek weet nie hoekom het ek altyd so gesukkel met pastei korse nie dit was altyd ‘n hele gedoente totdat ek by ‘n vriendin ‘n eenvoudige en baie lekker kors gekry het, het pasteie gemaak om te vries en toe net twee gebak om te toets, baie lekker sal nooit weer iets anders maak nie.
4 koppies meel
500 g margarien (ek verkies Spar se maak)
1 koppie kookwater
sout
Los margarien in kookwater op.
Meng met meel en sout.
Plaas in yskas tot goed koud verkieslik oornag.
Rol uit en gebruik.
Die deeg vries baie goed rou.
Foto en resep: Marie Grobler









Marie Grobler hierdie is voorwaar n wenresep!