500g maalvleis
500g sampioene in skyfies gesny
250g spek stukkies (bacon)
2 gekapte uie
2 lourierblare
1 koppie heel gevriesde mielies
2 eetlepels tamatiepasta
½ koppie hoenderekstrak (blokkie)
sout en peper na smaak
Braai die uie en die spek en die sampioene in bietjie olie, tot die uie begin sag raak. Voeg die vleis en die lourierblare by en braai saam tot dit begin verbruin. Voeg al die ander bestanddele by en kook oor matige hitte tot meeste van die vloeistof verdamp het. Skep oor in ‘n mikrogolfbak.
SAGTE PASTEIDEEG
Sif 4 eetlepels bruismeel en ‘n knippie sout saam. Vryf 2 eetlepels botter of margarien daarby in met die vingerpunte of gebruik ‘n voedselverwerker. Voeg een koppie melk en1 liggies geklitste eier by en meng tot ‘n slap beslag. Skep dit oor die warm vleis in die bak en bak ongeveer 35 minute in die mikrogolf met die mikrogolf en rooster kombinasie, of tot goudbruin.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete









Die deeg beslag is baie slap en trek in die vleis in. Indien jy verkies dat dit ‘n dikker laag bo-op die vleis moet maak, kan meer meel bygevoeg word tot jy tevrede is dat die beslag dik genoeg is. Die tradisionele metode is om dit in die oond te bak by 200ºC tot die kors goudbruin is.