

LOUISE SE UIE-MARMELADE
Bedien saam met ‘n verskeidenheid kase, op soutbeskuitjies met roomkaas of op hamburgers. Dis besonder lekker saam met koue vleis en ook braaivleis en wors.
1,5 kg uie, dik skywe gesny
50 ml heuning of gouestroop
125 ml bruin asyn
125 ml balsemiekasyn
125 ml water
750 ml bruinsuiker
5 ml inlê speserye
knippie gedroogte rissies
10 ml sout
50 ml Sonneblom- of olyfolie
Plaas al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol.
Bring tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op kastrol.
Prut dan baie stadig vir omtrent 2 ure.
Dis belangrik om af en toe te roer.
Haal deksel laaste 20 minute af sodat dit lekker dik kan kook. Bottel terwyl dit nog warm is.
Louise Groenewald: eie resep
Foto en nota: Leon Kotzé
Ek het addisioneel knoffel by gesit en van die bestaande bestanddele vermeeder na smaak.
Volgende keer sal ek Elize van Wyk se voorstel volg en die bruin asyn vervang met nog balsamiekasyn.
Foto: Elize Van Wyk
Nota: Elize Van Wyk
Het net Balsamic Asyn gebruik ipv helfte bruin en helfte Balsamic! Ek het wit uie gebruik.
Die pickling sprice meng met die uie en stroop, want dit raak lekker dik so nie nodig om onder in te gooi nie.
Hele mengsel is dikkerig as jy dit bottel.






