KORSLOSE TUNATERTJIES
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
125 g gaar, gesnipperde spekvleis
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 x 170 g blikkies tuna, goed gedreineer
2 eiers, geklits
375 ml melk
2 ml paprika
1 ui, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak/kolwyntjie pan met olie.
Meng die meel, bakpoeier en sout saam.
In ’n aparte bak, meng die gaar spek, kaas, tuna, eiers, melk, paprika en ui saam.
Voeg by die droë bestanddele en roer tot gemeng. Giet in die oondbak en bak vir 30 – 40 minute, tot ferm en goudbruin.
Laat vir 10 – 15 minute afkoel, sny in porsies ensit voor met mengelslaai.
Lewer ses tot agt porsies.
Wenke:
Jy kan die resep of in ‘n tertbak maak of muffin pan. Ek hou meer daarvan om die muffinpan te gebruik
En ek hou nogal daarvan om die blikkies tuna wat in tomato and herb sous is te gebruik.. Dit gee die tertjies ‘n lekker smaak.
En partykeer gooi ek sommer sampioene of Feta kaas ook in.
Gepost deur: Nadia Tholix








