KOLWYNTJIE VISKOEKIES
2 koppie fyn gaar vis (blikkies ook reg)
10 ml vars fyn knoffel
10 ml visspeserye
20 ml vars fyn pietersiele
40 ml suurlemoesap
4 geklitste eiers
sout
200 ml koekmeel
200 ml oats
100 ml olie
200 ml melk
15 ml bakpoeier
Meng alles saam, skep in gesmeerde kolwyntjie panne
Bak by 180grade C vir 20 min of tot ligbruin
Bedien met sweet chilliesous of heuningmosterd, koud of warm
Resepte en foto: Floraine Wasserman Venter








