HEERLIKE TUNASLAAI
1 tot 2 blikkies Chunky Tuna effens kleiner gebreek.
1 blikkie Pynappel stukke gedreineer
‘n Paar Sweet and Tangy Gherkins in ringetjies gesny.
1 Klein Uitjie fyn gekap.
‘n Paar klein blokkies kaas.
1 pak Noodles van eie keuse. Gaar gemaak volgens aanwysings op pak en laat afkoel.
Mayonnaise.
Meng alles saam met die gaar afgekoelde noodles en sit in die yskas om goed koud te word.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder!
Resep: Pamela Mac Leod






