

GEVLEGDE VARKFILETTE (VARKSISTERS)
Neem ‘n vark fillet en sny plat stroke +- 300mm lank en 75mm wyd.
Sny dit dan oor die lengte in drie ewe wyd stukke, maar nie heeltemal deur nie en dan vleg jy die drie punte soos jy ‘n ponytail vleg en steek die drie eindpunte met ‘n tannestokkie vas.
Marineer dan in jou eie keuse van marinade of speserye.
Resep en foto: Gideon Louw






