BLIKKIE VIS EN PASTA
Okay sooo hier is dit nou! Dit is nie vir die mense wat nie van ryk kos hou nie. LOL en bly ver weg as jy op ‘n dieët is.
1 blikkie tamatie Pilchards
1 blikkie tuna
pasta of spagetti genoeg vir hoeveel mense jy kos maak
½ ui, gekap
5 ml knoffel
olyf olie
truffel olie (kan by woolies koop)
room
tamatie paste
sout en peper
chilly, enige warm sous of jy kan een chilly fyn kap
5 ml basil, origanum, parsley, tiemie en paprika
egte botter
Parmasaan kaas
suiker, as nodig
Pasta:
Maak die pasta op die gewone manier gaar. Ek is seker almal weet hoe.
Gooi room, bietjie olyf en truffel olie, botter en Parmasaan kaas in die pasta. Roer dit.
Die hoeveelheid hang alles af van die hoeveelheid en jou gevoel.
Vis:
Braai die uie en knoffel in ‘n bietjie olyf olie. Pasop dat jou knoffel nie bitter brand nie.
Voeg die Pilchards en Tuna by. Onthou om die tuna se water af te gooi. Maak die lekker fyn.
Sit die kruie, tamatie paste, chilly, sout en peper by.
Laat dit so bietjie prit, en voeg dan room by tot jy voel dit is reg vir jou.
Laat vir so 5 min stadig prit. Proe en maak seker dit proe reg vir jou. As dit te suur is, sit bietjie suiker by tot jy daarvan hou.
Skep dit nou op en geniet!
Johan Haarhoff








