ANITA SE SJOKOLADE KOEK
2 koppies suiker
6 eiers (gele van wit geskei)
2 koppies koekmeel
1 koppie kookwater
1 koppie kookolie
½ teelepel sout
2 teelepel bakpoeier
4 eetlepels kakao
Klits olie suiker water en eiergele saam tot dikkerige vloeistof.
Sny (sif) die meel sout cacoa en bakpoeier 3 maal saam en voeg dit by die vloeistofmengsel en meng deeglik saam.
Klits die eierwitte styf tot puntjies vorm en vou dit by die deegmengel in.
Skep in voorbereide panne.
Bak vir 40 minute teen 140ºC (vooraf verhitte) oond.
Versier met eie keuse van sjokolade versiersel.
Gewaarborg om nooit te flop nie!
Vir groter koek maak die mengsel 2 x aan en bak in 2 groterige koekpanne anders gebruik 2 medium panne!
Resep en foto: Anita Bauman








