WINTERS KOEJAWEL POEDING
4 eetlepels botter
1 koppie witsuiker
¼ koppie melk
3 groot eiers
1 en halwe koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knypie sout
1 blik koejawels ~ sap gedreineer, eenkant gehou en vruggies net liggies plat gedruk.
Room die botter en suiker saam tot lig
Roer eiers een-een by mengsel, roer mooi na elkeen
Sif meel, bakpoeier en sout by en voeg melk by, meng goed deur
Gooi in gesmeerde oondbak
Skep platgedrukte koejawels bo-oor, druk liggies in
Bak 25-30 minute by voorverhitte oond 180°C
Vir sy sous:
1/2 koppie botter
1/2 koppie witsuiker
sap van die blikkie koejawels
1 blikkie ideal melk
Meng alles saam, maak warm en roer tot suiker opgelos is,
Bring tot kook en gooi oor warm poeding sodra tert uit oond kom
laat staan vir min 30 min voor opdien met styfgeklopte room, vla of roomys
Dubbel so lekker die volgende dag
Resep geplaas deur Linda Venter








