WIAN SE HOENDERSOP
Ek het sommer gisteraand gou ‘n heel hoender in die stoompot gegooi en hoendersop gemaak.
1 hoender
aartappels
wortels
groenboontjies
sampioene
soetrissies
rape
murgpampoentjies
eiervrug
1 koppie 4-in-1 sopmengsel
1.5 liter water
Hoender ge-stoom vir 20 minute, terwyl dit aan die gang was gou ‘n mengbak vol groente in die voedselverwerker fyngekap met my Kenwood. Ek het die hoender uitgehaal en ontbeen terwyl die groente, sopmengsel en water begin kook het. Gooi die hoender terug by die groente en sopmengsel en kook dan vir 20 minute in stoompot onder druk. Sit die plaat af en gaan slaap. Vanoggend gou uitgeskep vir vandag se middagete en die res gevries.
Resep: Wian Swart






