SPINASIE, FETA EN SPEK GNOCCI
1 pk spek in blokkies
1 pak vars spinasie
1 wiel feta gekrummel
1/2 kp room
Gnocci gaar gemaak soos op die verpakking
Braai spek blokkie in ‘n pan tot lekker gaar
Sit spinasie sommer so in die sakkie vir 4 min in die mikrogolf en wanneer gaar, haal uit en sny fyner ( Onthou om die hoekie van die sakkie te knip)
Meng nou die spek, spinasie, feta met die room en maak goed warm, roer nou die klaar gaar gnocci daarby in. Proe vir sout en pas aan indien nodig.
Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo








