

SODAWATER PANNEKOEK
Dit is maar die gewone reseppie van:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
2 eiers
½ koppie olie
sodawater
Klits die eiers en die olie saam, sif meel, bakpoeier en sout in eiermengsel en meng.
Giet sodawater by ongeveer 2 ½ koppies en klits goed. Ek het die sodawater maar geskat tot die beslag vir my reg gelyk het. Dit kan dalk ‘n bietjie meer sodawater wees.
Foto en resep: Elsa Hattingh







Wayne Dugmore
Nou ja… Ons het so ‘n lekker fyn Knysna Bos mot reën hier in Krugersdorp. Uit pure luie belustigdheid loer ek toe na maar na al die pannekoek resepte op FLR se blog en kom op hierdie ene af…
Ek dink het ‘n nuwe gunstelling pannekoek resep!
PANNEKOEK WENK: Meng gemaalde cardamon by jou kaneelsuiker in. Dit is hemels!