1 kg bruismeel
8 x 250 ml semels
500 ml witsuiker
5 ml sout
500 g margarien of botter
1 liter Room (of ½ room en ½ ingedampte melk)
Verhit oond tot 180° C .
Smeer twee rolkoekpanne van 40 x 27 x 2.
Meng die bruismeel, semels, witsuiker en sout saam en frummel die smeer daarin.
Voeg die room by en meng goed.
Druk deeg eweredig met spaan in panne.
Sny die deeg in vierkante vn ongeveer 4 x 6 cm.
Bak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruin.
Keer versigtig uit op draadrak en laat afkoel.
Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steek.
Droog beskuit uit in koel oond.
(Voer panne uit met waspapier of bkpapier, want die beskuit is baie bros en geneig om vas te sit.
As die deeg bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word.)
Foto: Jeanette Martins








