

FRANS SE HAWERMOUTKOEKIES
125 ml hawermout
125 g botter of margarien
250 ml suiker
5 ml vanilla
1 eier
100 ml gladde grondboontjiebotter
5 ml bakpoeier
500 ml meel
5 ml koeksoda
knippie sout
Klop botter en suiker saam en klop dan die vanilla, eier, grondboontjiebotter en hawermout in. Voeg sout , bakpoeier , meel en koeksoda by die mengsel . Vorm klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat en druk plat met ‘n vurk. Bak 12 min by 180ºC
Maak 30 koekies
Foto en resep: Frans Odendaal






