PIETER SE LEKKER PATATS
Het gister middag hierdie gedoen wat baie lekker was.( Ongelukkig nie foto geneem nie, sal wel volgende keer): In oondbak paar botter blokkies gesit, sit patats bo-op botter, nog ‘n paar botter blokkies bo-op patats, bietjie olyfolie bo-oor gegooi.
Een derde koppie lemoensap bo-oor gegooi, bietjie komyn bo-oor gestrooi asook fyn kaneel, versoeter en heuning. Foelie oor getrek en vir ‘n uur teen 160 ºC gebak.
Dit het so lekker uitgekom.
Idee deur Pieter Coetzee








