Plaas al die bestanddele bymekaar in pot en kook dit.
Draai plaat laer en sit die pere op hul sy in stroop. Laat prut tot pere sag is.
Ek het dit elke 10 min omgedraai. Sodat elke kant kan stroop trek.
Myne het so 30 min gevat. Maar ek dink dit hang van hoe hard die pere is. So toets dit maar. As pere sag is haal uit en laat afkoel.
Reduce stroop tot helfde.
Die pynappel en rissie sorbet
1 pynappel
1 koppie suiker
1 koppie water
1 rissie
Sny pynappel en rissie op en plaas alles in pot. Kook tot pynappel sag is. Maak fyn in blender en vries dit. Bedien saam met die pere.
Resep en foto: Marian van Deventer








