PAMPOENBREDIE OP PATATKORS
Patats gekook
½ teelepel fyn gemmer
½ koppie stroop of heuning
½ koppie koekmeel
1 eier
Meng bogenoemde saam. Meng en plaas op pastei bord. Gemmer en stroop kan aangepas word volgens smaak. Bak 15 min.
Stowe beesvleis gemeng met blokkies steak
2 uie
1 teelepel knoffel
2 stukke pypkaneel
3 teelepels bruinsuiker
3 koppies pampoenblokkies
sampioene gekerf
ertjies
Braai vleis in swartpot oor stadige hitte. Braai met water tot gaar en sag. Skep uit.
Smoor die uie, knoffel,en pypkaneel saam, voeg die bruinsuiker by.
Plaas pampoenblokkies in pot.
Skep die vleis op die pampoen en kook oor stadige hitte.
Voeg sampioene en ‘n bietjie ertjies by na smaak.
Laat goed deurkook tot alles gaar is en die sous lekker verdik.
Skep bo-op die patatkors en bedien.
Foto en resep geplaas deur Nella Kootstra








