Ek het net my uie gebraai in presto, toe die hoender ingegooi en lekker sag gekook sodat dit gepluis kan word. Toe my aartappels en gemengde groente sommer saam in die hoendersous in die presto gaar gekook. Toe alles deur gemeng en net my kerrie aangemaak(resep onder) en lekker deurgekook. Ek los sommer die hoenderbeentjies in. Dis so lekker om af te suig en fyn te kou. Voor ek dit gekerrie het, het ek ‘n pakkie 2 in 1 Stew Mix van Knorr – Tasty Chicken with Robersons Chicken Spice bygegooi. Dit gee nog ‘n lekkerder smaak.
Kerriemengels:
2 hoogvol teelepels Medium kerrie
1 hoogvol teelepel borrie
6 tot 8 teelepels suiker (hang af of jy van soeterige kerrie hou)
2 eetlepels hoogvol appelkooskonfyt
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels bruinasyn
sout en peper na smaak
Ek het gewone hoender spices ook by die hoender gesit toe ek dit in die presto gaargemaak het. (Ek het toe die gaar hoender uitgeskep en die aartappels en groente in die selfde water/sous gaargemaak). Meng alles saam tot ‘n slapperige pap. Voeg by en kook deur.
As ek die Knorr tasty chicken spice ingooi (foto) voor die kerrie bykom, maak dit die gereg lekker bruinerig. Dit smaak net so lekker soos met die kerrie in. (Vaalkos)
Resep en foto: Marlene Mouton Carstens








