MACARONI EN KAAS MET ‘N KINKEL
Vir die vleis:
500 g maalvleis
2 lourierblare
250 ml beesekstrak (blokkie) gemeng met 2 eetlepels tamatiepasta
2 fyngekapte uie
½ fyngekapte groenrissie
2 teelepels oreganum
150 g bacon stukkies
sout en peper na smaak.
2 lourierblare.
Vir die macaroni
250 g gaar kort macaroni stukkies
Bechamelsous met baie kaas. (witsous)
Ekstra kaas om bo-oor te strooi
Braai die uie en bacon en groenrissie in bietjie olie tot die uie deurskynend is. Voeg die vleis en lourierblare by, geur met oreganum, sout en peper en braai verder tot die vleis verbruin het. Voeg die beesekstrak en tamatiepasta by en kook liggies vir 15 minute. Skep oor in ‘n oondbak. Meng die macaroni met die bechamelsous en skep dit bo-op die vleis. Strooi nog kaas bo-oor. Ek het die mikrogolf en rooster kombinasie gebruik om die gereg vir 35 minute te bak en daarna vir nog 10 minute op hoog net gemikrogolf tot die sous dikker was.
Resep deur ADRIAN OLIVIER
Foto: Adam Cloete








