LEMOENKOEK MET STROOP EN KERSIES
Koekdeeg
3 eiers
250 ml strooisuiker.
100 ml botter
375 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
5 ml koeksoda,
halwe houer kersies, (kersies in kleiner stukkies gesny)
handvol gekapte pekaneute nie te fyn gekap
2 teelepls gerasperde lemoenskil en die huisies van die lemoene wat uitgedruk is
200 ml melk.
Klits die suiker en eiers baie goed. voeg by die kersies, neute en lemoenskil. gebruik bietjie van die melk om koeksoda in op te los.kook melk en botter saam sif meel en bakpoeier by eier mengsel in gooi melk en botter mengsel geleidelik by en meng (nie klits nie) laastens roer koeksoda en melk oplosing by. keer uit in pan en bakhalfuur 180 grade. Stroop 250 ml suiker 150 ml water 350 ml lemoemsap 30 ml botter 10 ml lemoenskil kook suiker, water, botter en lemoenskil saam, laat afkoel en voeg lemoensap by. wanneer koek uit oond kom giet sous oor.
Bron: Elsa Hattingh
Foto: Elsa Hattingh