

KERRIEKOMKOMMERS
Hierdie Kerriekomkommers is heerlik by braaivleis, op n broodjie saam met oorskietvleis of ham, in n warmbrak…of sommer net saam met enige kos as n condiment..goedkoop en heerlik…my yskas is net nooit daarsonder nie…
4 groot uie in ringe gesny
1 groot Engelse komkommer in ringe gesny
Kook 1 koppie water, voeg die uie en komkommer by en kook 10 minute tot droog.
Voeg nou by:
1 koppie asyn
1 koppie suiker
2 eetlepel kerriepoeier
2 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel pietersielie en tiemie opsioneel
Kook tot suiker opgelos en deurgekook is. Moenie weer droogkook nie!
Meng 2 eetlepels mielieblom met 1 koppie asyn en meng dit by, kook tot verdik.
Bottel dadelik warm. Geniet jou komkommers!
Resep: Elsa Van Antwerpen Kleinhans






