HOENDER-ROOMPASTA
400 g koue hoender in stukkies gesny
1 pak spek gesnipper en gebraai
so 2 koppies roer-braai-groente,gebraai
500 g noedels, saggekook en gedreineer
Meng bogenoemde, geur en plaas in gesmeerde oondskottel. Skep die volgende sous oor.
Sous – meng die volgende saam:
250 ml room
250 ml melk
200 ml mayonnaise
Skep die sous oor die mengsel in die pan. Sprinkel gerasperde kaas oor – so 2 koppies.
Bak 30 min by 180ºC.
Foto en resep: Riana Heyns








