200 g patty (gebruik jou eie speserye saam met die maalvleis)
2 snye brood
tamatie skyfies
sout en peper
gesnyde uie
Gouda kaas
sous van jou smaak
gebakte eier
spek (Rug Bacon)
Die burger word as volg gebou.
Ek het ‘n 200 g patty gebou met ‘n Jumbo Patty drukker. Daarna uitgerol om bietjie groter as ‘n snytjie brood te wees, want ons weet mos hoe kan vleis krimp. Maak gaar en hou eenkant.
Plaas eerste tamatie skyfies op onderste broodjie en gooi sout en peper.
Plaas dan gesnyde uie volgens smaak vir ‘n tweede laag op die broodjie.
Nou maak ek alles toe met Gouda Kaas net so vir die smaak en die bymekaar hou van alles.
Die kaas moet oor die uie smelt vir daardie lekker reuk en geur.
Plaas nou jou patty klaar gaar gemaak bo-op die kaas en druk effens vas.
Gooi bietjie van jou gunsteling sous oor die patty.
Bak eier. Ek verkies in die geval goed gaar anders gaan die eier uitloop oor die broodjie.
Plaas die eier bo-op die Patty.
Bedek die eier nou weer met ‘n laag kaas.
Om af te rond sit ek nou bacon (Rug Bacon) heel bo-op.
Bedek met tweede sny brood en rooster tot reg om te geniet.
Jy kan jou verskillende groen gerye ook byvoeg as jy so verkies.
Daar is nie plek vir aartappel skyfies nie.
Selfs perrfek vir vetkoek burgers!
Resep en foto: Koos van der Merwe








