Vinnige snackie.
Vars brood snye, uitgerol en korsies af gesny
Worsies en kaas. Of gebruik ‘n blikkie sardyne in tamatiesous, Dreineer sardyne, sny in lengte middeldeur en verwyder graatjies. Smeer mosterd oor brood. Sny in die helfte as jy klein worsies gebruik,sit repie kaas in, as jy sardyne gebruik hou die snytjies heel.
Rol op, doop in geklitste eier en bak in vlak botter tot bruin rondom. Gebruik die sous van die sardyne met bietjie tabasco en mayo as jy sardyne gebruik vir ‘n doopsous of jou eie mengsel van soet rissiesous en mayo vir die worsies.
Martie Fourie Moolman