

HEINER SE FRIKKADELLE
Resep en foto: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
600 g maalvleis
2 snye growwe brood
2 eiers
1 teelepel paprika poeier
½ teelepel rissie vlokkies (of meer na smaak)
½ ui (fyn gekap)
1 teelepel pietersielie
30 g botter
Sout en peper (na smaak)
½ teelepel marjolien
3 eetlepel olie of ander vet
Meng die maalvleis met die geweekte, uitgedruk en fyn gemaakte brood, eiers, paprika en rissies. Voeg die fyn gekapte uie en pietersielie, wat in die botter deurskynend gebraai is, by. Geur met sout, peper en die marjolien en met nat hande
knie die mengsel goed deur.
Uit die vleisdeeg vorm dan handpalm grote, duim dikte frikkadelle en braai hulle stadig (7 – 8 minute per kant) in die warm vet.
Plaas die frikkadelle op ‘n warm bord en bedien saam met aartappels en ‘n tamatiesous (of met Brussel spruite of groen boontjies).







geskuif