GEBAKTE BOTTERSKORSIE MET UIE
Twee kleinerige botterskorsies geskil en in groterige stukke gesny.
Een of twee uie in dik ringe gesny
1 Pakkie bruinuiesop poeier
Botter
Plaas die botterskorsies en uie op ‘n groot vel foelie en stooi die soppoeier daaroor. Stip met ‘n goeie klompie botter en vou die foelie om die skorsies soos ‘n pakkie sodat dit deeglik toe is. Bak in die oond vir 45 minute of tot die skorsies gaar is. Indien nodig, plaas dit oor in ‘n mikrogolf bak en mikrogolf dit vir nog ‘n paar minute om dit deeglik sag te kry. Toe ek dit gedoen het, het ek bietjie medium droë sherry oorgestrooi vir ‘n nattigheidjie.
ADAM CLOETE








