Ek het lekker lamsboud en aartappels oorgehad en sommer vinnig vir ons pasteitjies gemaak vanmiddag, die lui huisvrou manier, maar heerlik.
Gaar lamsboud
Gaar aartappels
Bruin sous wat ek saam met boud bedien het
gerasperde Kaas
Kruie en speserye na smaak
1 rol “Puff Pastry”
Maak die aartappels fyn of sny lekker fyn saam met die vleis. Meng met die sous en kaas en proe vir smaak. Voeg by wat jy van hou.
Rol die deeg bietjie dunner uit, sny ringe so groot soos ‘n piering en sit jou vulsel op die een helfte, vou toe, druk die randjie mooi toe, verf met geklitste eier, bak by 200 Grade C vir ongeveer 20-30 min. Maak 6 pasteitjies uit 1 rol deeg. Geniet
Foto en resep: Rina Kleinhans