daar is mos nie ‘n resep vir afval dit werk mos met ingebore instink wat geërf is van die voorvaders en word nie twee keer op dieselfde manier gemaak nie maar dit is wat ek gedoen het. Ek vat net die grootpens en blaarpens en was dit skoon onder ’n kraan dan kook ek water in ’n pot en druk net die pens in die warm water en krap met die slagmes herhaal tot skoon en wit.
Dan as dit by die gaarmaak kom kook ek dit vir 15 min gooi die water af en spoel af en kook weer vir 15 min spoel weer af en sny als dan in kleiner repies sit die skenkels en sout by en prut vir so uur en dan sit ek die kerrie en na so 10 min die groente by en as die aartappels en wortels gaar is dan is hy reg. Ek het toevallig van die klein 7g pakkies rajah medium kerrie vandag gebruik en het een en ’n halwe pakkie gebruik.
Dirk Adendorff








