Martie Fourie Moolman
Ek het ‘n koffie winkel gehad. Gevulde pannekoeke was altyd gewild. Ek het elke dag gesondheidsbrood gebak en dit saam met ‘n patee gegee, asook oop broodjies gemaak van geroosterde eiervrug, geroosterde pepers, uie blatjang, salami of jy maak humus van kekerertjies of bone. Pere en bloukaas was ook gewild. Daarmee saam dan so kein tuin slaaitjie, Sit bietjie vars kruie by.
Of maak so plaasbord (gebruik houtborde) Met ‘n snytjie rogbrood, biltong, droëwors,’n frikkie, klein bakkie lewer patee, so drie stukkies kaas, een soos Chedder ‘n soetmelk en dan ‘n stukkie bloukaas. Sit ook so stukkie heelkonfyt saam dit voor. (Vye, makataan of so iets soos kumkwat). Jy kan jou verbeelding daar gebruik. Gevulde aartappels was ook gewild asook ‘n pita broodjie gevul met iets vleiserig en slaai.
Petro Borchard
My persoonlike voorkeure as ek by ‘n koffie winkel eet :
1. ontbyt enige tyd van die dag.
2. quiche – ek weet ek is boring, maar dis vir my lekker.
3. tuisgebakte koek – nie winkel koek. Veral chocolate ganache met room.
4. Jare gelede was daar ‘n Duitse eetplekkie in Pretoria wat Bockwurst met ‘n verskeidenheid slaaie bedien het, jy kon enige 3 van ‘n klomp verskillende slaaie (wat ‘n paar dae kan hou) kies. Dit was woes lekker.
5. Kolwyntjie size hoender lasagne met slaai.
Daleen Stephens
Wraps met verskeidenheid van so 3 vulsels – dalk ‘n hoender-, chilli con carne- en ‘n vegetariese een met groente en feta.
Floraine Wasserman Venter
Iets spesiaal is om jou souttert ens in klein enamel bekkertjies te bak en bedien.
Lorett Brittnell
Ons kry hier by ons so ‘n lekker over sized sout muffin met kaas, bacon, sondroog tamaties en gebraaide uie in die beslag saam met koffie vir N$30 met ‘n bottertjie by. Ek dink dis ‘n bargain en heerlik. Die mense kan nie voorbly daarmee.







