Voeg nou min of meer so een gooi Nandos se mild peri-peri sous by en laat dit prut. Moenie karring en roer nie. Hou die plaat op medium. Die lewers gaan nou sag word. Jy kan nou die suurlemoen se sap en suiker byvoeg. Sorg dat dit vogtig is, maar die lewers moet nie opbreek nie. Indien te vogtig, meng ‘n bietjie Maizena met melk, gooi stadig by totdat dit reg is.
Resep: Cecil Otto








