CECIL SE HOENDERLEWERTJIES

tested
CECIL SE HOENDERLEWERTJIES
½ knol knoffelhuisies
olyf olie, vir braai
1 pakkie ontvriesde hoenderlewers
Nandos se mild peri-peri sous
½ suurlemoen se sap
½ teelepel suiker

Neem ‘n vlak pan en braai die knoffelhuisies in olyf olie oor medium hitte totdat hulle bruin en sag is. Voeg dan die hoenderlewers by, maar moet dit nie fynmaak nie sodat dit tekstuur kan behou. Braai dit gaar totdat dit nie meer rooi is nie.

Voeg nou min of meer so een gooi Nandos se mild peri-peri sous by en laat dit prut. Moenie karring en roer nie. Hou die plaat op medium. Die lewers gaan nou sag word. Jy kan nou die suurlemoen se sap en  suiker byvoeg. Sorg dat dit vogtig is, maar die lewers moet nie opbreek nie. Indien te vogtig, meng ‘n bietjie Maizena met melk, gooi stadig by totdat dit reg is.

Resep: Cecil Otto