BEHANDELING VIR SWART POTTE
Stappe: Skuur skoon met die hand (as jy baie krag het) of sit ‘n skuurder voor aan ‘n boor en laat die boor al die harde werk doen. Was lekker al die skuursels af en smeer groentebotter (Holsum) lekker dik aan die pot. Bak in die oond vir ‘n uur teen 220 Celsius en siedaar!! Jy sal sien dat die Holsum die potjie so ‘n koper kleur gee wat soos ‘n teflon lagie werk.
As jy die pot gebruik, was net weer skoon, smeer ‘n dun lagie Holsum (verkieslik as die pot nog warm van die water is), pak vol koerantpapier en stoor vir volgende gebruik. Die koerantpapier keer dat enige vog binne kom en die Holsum( dun gesmeer na gebruik) seël net weer die lagie. Omdat dit ‘n groente botter is kan dit nie taai of galsterrig word nie.
Somtyds ruik dit verskriklik sleg as die potjie in die oond is, dit maar net al die onsuiwerhede … en sit tinfoelie onder in jou oond om die vetdruppels op te vang.
Herman Fick
Vir die wat wonder wat om op jou angle grinder te sit, hier is ‘n voorbeeld. Het geen idee wat jy dit noem in SA nie. Sal by Builders Warehouse of soortgelyk kry. Die hele pot is hiermee herstel. Die pot was erg geroes binne! Was so 1.5 ure se werk met grinder. Daarna boor met heavy duty draad borsel. Dan so 20 minute met skuurders en sunlight liquid in baie warm water. Vee uit met handdoek rol tot amper niks meer swart op rol is as jy die pot afdroog nie. Veggie vet, bak, en klaar. Ek het al 38 potjies en Dutch Ovnes in my versameling en ek fokus nou op cast iron skillets vir herstel. Lodge, Holcraft en Wagner, almal van die USA, is die brands om te soek. Beste kwaliteit ooit! Geniet!
Nicolette en Herman Fick









