

WENNER KNOFFELHOENDER MET KAAS EN BACON
Ontbeen die hoenderborsies, geur met sout en peper en panbraai dit saam met ‘n fyngemaakte knoffelhuisie in warm botter tot goudbruin aan alle kante.
Plaas oor in ‘n oondbak en bedek die bokante met repe bacon en strooi kaas bo-oor.
Hier is Cheddarkaas gebruik, maar Mozzarellakaas behoort eintlik nog beter te werk.
Bak in die oond 180 grade tot die hoender gaar is.
BRON: Adrian Olivier
FOTO: Adam Cloete







done