Christina Reyneke
Ek wil boontjiesop maak. Is dit regtig nodig om bone eers oornag te week? Ek wil stoompot of slowcooker gebruik. Enig raad?
Corinne Munro Nee dis gladnie nodig nie, maar dalk net wys om bietjie in kookwater te spoel en le terwyl jy die voorbereidings doen
Tersia Van Der Merwe Ek het dit nog nooit oornag gelos nie – net so vir ‘n halfuur in kookwater en dan afgespoel en ingegooi. Maak gewoonlik myne in my slowcooker.
Elize Grobbelaar Christina, ek kook my boontjies eers vir so 10 min in kookwater in die mikrogolf en spoel dit dan af
Annarita Kotze Dit is reg soos Corinne se en as my boontjies sag gekook is in n ekstra pot mash ek dit so in die pot om die windmakerigheid uit hom te neem dan as my vleis saggekook is gooi ek die boontjiepap by en laat deurkook
Samantha Dyer Ja soak dit eers! Ekt myne afgespoel en nie oornag gesoak nie, ekt dit gekook vir so uur en dit was sag. het gemash en als en dit het my so siek gemaak! ek het vir dae lank op die toilet gesit. NOOIT OOIT weer sal ek boontjie sop maak sonder om dit te soak nie! En boontjie sop is my faverout!! Koop liewerste die boontjies was jy in blikkies kry!
Corinne Munro Die bone gee net gas as mens dit nie afspoel nie…jy kan selfs as jy uie insit dit vooraf in kookwater sit en die water afspoel…nie hou nie!!!!
Anna Aletta Payne-Botes Defnitief goed afspoel na 10min kook.
Annelize Steyn As jy nie aan boontjieskille wil kou nie laat dit oornag week. Meng ook botterbone en die bruin boontjies en volgende oggend druk jy hulle uit skilletjies ui. Ook lekker om vàrk skenkels saam met sop te kook.
Rosa Lötter Onthou om nie sout aan die begin by te gooi nie, dit vertraag die sagword van die boontjies.







