TUISGEMAAKTE VETVRYE MAYONNAISE
375 g vetvrye Bulgaarse joghurt
1 eetlepel Dijon-mosterd
1 teelepel bruinasyn
1 teelepel gemengde kruie
sout en peper na smaak
Meng alles goed saam.
Jy kan dit tot 5 dae in die yskas hou.
Gebruik dit as ‘n doopsous of net as gewonde mayonnaise.
Dit is ideaal vir mense wat gewig wil verloor.
Voeg 1 g versoeter by as jy dit soet wil hê
Resep geplaas deur Hannalie Kitshoff








