SKORSIES MET BLOUKAAS
Ons het gisteraand ‘n verskriklike lekker bygereggie geëet, sommer so saam met die braai. Julle kan dit gerus probeer, dis vrek lekker.
Maak skorsies gaar en verwyder pitte.
Plaas in ‘n oondpan en plaas botter, blokkies Bloukaas en vars gekapte Salie (Sage) in die holtes.
Laat dit dan lekker smelt en deurwarm word in die oond.
Aan tafel roer jy dit net deur met ‘n teelepel.
Dis absoluut heerlik. My man eet nie Bloukaas nie, maar het twee deurgewerk.
RESEP EN FOTO: Louise Groenewald