SKAAPKOP SAAM MET JOU AFVAL
Hetta van der Merwe
Is die kakebeen los van die kop? Hang die wange aan die agterste deel – die “boksie” waarin die harsings is? Dan is hy al voorberei vir opkook.
Stompie Theron Borman
Ja as die bokant van die kop geskei is van die onderkaak, anders maak jy dit in twee, sny dan net die kakebeen bene uit, kook dit dan saam met die pens en pootjies en uie en kerrie dit. Dan ek kook alles saam en sit aartappels by en dan kerrie ek dit, heerlik verby. ek bak slegs die koppe as ek nie pens en pootjies ook het nie.
Gideon Louw
My ou moeder het altyd die kop heel uitmekaar gehaal, die oë met die vleis rondom uitgesny, die wangvleise afgesny, die hele kop gestrip van die velle en vleise, die breins in die pens gesit nadat die kop oopgekap is en soos hulle gesê het die snotkoker uitgekap, dit is wat die kop betref.
Rene Truter Wessels
Die neusbene moet uit die kop verwyder wees.
Die harsings word uitgekrap en in die klein pensie toegebind.
Die tongetjie word ontvel en saam gebruik.
Die pootjies moet gekloof wees en die kliertjies tussen die kloutjies moet uitgehaal word.







